
=====================================================================
Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die Stigting nou en vorentoe

Elize Botha   kyk terug en in die toekoms van die vyf jaar oue Stigting vir Afrikaans.

DIE vyf bestaansjare van die Stigting vir Afrikaans tot dusver het die rol   van die organisasie in die Suid-Afrikaanse talegemeenskap 
duidelik afgeteken.

In die proses van inbind van die Afrikaanse taalgemeenskap het die behoefte aan geletterdheidsprojekte dringend die aandag gevra, en 
daaraan is ruim aan energie en fondse bestee. Daarby was die Stigting steeds gretig om alliansies met bestaande inisiatiewe op die gebied 
van Afrikaansbevordering aan te gaan. Die optrede van Tabema (Taakgroep vir die Bemagtiging van Afrikaansgebruikers op TV)   is 'n 
toonbeeld van sodanige alliansievorming. Die werk van hierdie groep begin, so lyk dit, tans vrugte afwerp.

Hierin het die Stigting steeds volgens die beginsel van veeltaligheid as bate in die Suid-Afrikaanse samelewing gewerk. 'n Mens kan dit ook 
noem, met verwysing na die terminologie wat prof. Barbara Bosch van die   Rhodes-universiteit onlangs in haar intreerede gebruik het: sorg 
vir ons linguistiese ekologie.

In die afgelope vyf jaar het dit juis duidelik geword dat daar sterk druk tot eentaligheid uitgeoefen word, om 'n verskeidenheid redes. 
Hierdie druk moet ten alle koste en deur die sprekers van al die tale in Suid-Afrika weerstaan word. Die Stigting het in sy werkwyse 'n 
voorbeeld gestel van vriendelike dog besliste aandrang dat die taal wat sy verantwoordelikheid is, op generlei wyse onderdruk of verdring 
sal word waar sy sprekers 'n regmatige aanspraak het op die gebruik daarvan nie.

Die verdringing van tale is in wese 'n inperking en verkleinering van die taalgebruikers. Daarom sal die veelsydigheid van Afrikaans, die 
uitnemende bruikbaarheid daarvan, in die toekoms jaloers beskerm moet word ten bate van die burgerlike, geestelike en intellektuele ruimte 
van sy gebruikers. 'n Mens mag van Afrikaans as een van die kleinere tale praat as daar aan die aantal sprekers van Afrikaans gedink word. 
Maar as 'n mens van die funksies van Afrikaans praat, dan staan dit in die geselskap van die grotes: as goed ontwikkelde wetenskapstaal, 
byvoorbeeld, en as literre taal by uitnemendheid. Wat laasgenoemde betref, kan 'n mens kyk na die bibliografie wat Barend Toerien opgestel 
het van Afrikaans literature in translation (1993) om te besef in welke groot verskeidenheid van nder tale dit voordelig geag word dat 
presterende Afrikaanse skrywers gelees word.

Die status van Afrikaans in die wreld word bevestig daardeur dat Suid-Afrika as temaland op die Antwerpse Boekebeurs in Belgi figureer.

Dit sal in die toekoms nodig word dat nog meer van die groot bedrywe in die land by die werk van die Stigting betrek word, juis vanuit 
hierdie taal-as-bate-benadering (weer 'n term van prof. Barbara Bosch). Die trustees   van die Stigting sal 'n belangrike rol moet speel in 
die identifisering van dergelike belanghebbende bedrywe, en in die uitdra van die gedagte dat Afrikaans as hulpbron gebruik kan word.

In die troebel diskoers oor die rol van Afrikaans as onderrigtaal op universiteitsvlak word die implisiete bedreiging vir die Afrikaanse 
wetenskapstaal glad nie sterk genoeg besef nie. Afrikaans het in die 20ste eeu 'n volwaardige moderne wetenskapstaal geword, herinner prof. 
Edith Raidt ons   (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Des. 1996):   "Dit sou 'n tragedie wees as hierdie fenomenale ontwikkeling skielik sou 
versand, want daardeur sou Afrikaans weer afsak tot blote omgangstaal, 'n "kombuistaal"; bowendien sou aan die Afrikatale van Suid-Afrika 
daarmee die hoop ontneem word om self ooit die mas te kan opkom en ook volwaardige moderne tale te word."

Die Stigting moet 'n pleitbesorger bly ten bate van uitnemendheid en prestasie deur Afrikaans. Prof. Heilna du Plooy het dit   onlangs in 
'n brief aan Beeld   kragtig gestel: "Ons moet die gemeenskap dien, maar ook onthou dat voortreflikheid en gehalte steeds belangrik is, dat 
die nuwe Suid-Afrikaanse gemeenskap op relevansie n waarde geregtig is."

Samewerking tussen die Stigting en ander Afrikaansbevorderende organisasies sal nog kragtiger uitgebou moet word. Onder andere is nodig dat 
daar 'n inventaris opgestel word van alle tersaaklike projekte, om oorvleueling te voorkom en skaars hulpbronne optimaal te benut. Omdat 
die omgewing waarin Afrikaans leef, so hoogs veranderlik is, is iets soos 'n "bedryfskamer" ("opsroom") nodig waar projekte, behoeftes, 
bedreigings, suksesse, deurlopend gekarteer en gemoniteer word.

Die Stigting se geletterdheidswerk het gedurende die afgelope vyf jaar telkens tot gemeenskapsbetrokkenheid gelei. In baie gevalle het die 
behoefte aan opheffingswerk die Stigting se vermons totaal oorskry. Hierdie groeiende nood het tot 'n nuwe inisiatief van Nasionale Pers 
aanleiding gegee: 'n projek op die gebied van gemeenskapshulp, wat onder andere gebou sal word op die ervaring wat die Stigting in sy 
geletterdheidsaksies ontwikkel het.

Wat die Stigting vir Afrikaans gedurende sy kort lewe aan kundigheid en ervaring versamel het, wil ons graag as groeipunte sien, "steggies" 
wat ons kan aangee aan die wydste moontlike verskeidenheid vennote.

Prof. Elize Botha   is die voorsitter van die Raad van Trustees van die Stigting vir Afrikaans.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av513.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

